Ek hou nie van die winter nie...
...vir die voor die hand liggende redes maar ook vir vele ander... So van hande gepraat. Dís een van die redes hoekom ek nie van die winter hou nie: want ek hou van kos maak... en as mens kos maak dan was jy baie jou hande... en as jy eers langmoue moet opstoot om te kan werk en dan as jy vergeet het jou langmoue moet vol kos maak voordat jy dit kan afspoel of sulke skouer-bewegings en stuiptrek-elmboog-rukkings daarmee saam om te probeer om die langmoue weg uit die kos of (vrek koue) water te hou en dan help jou ken, en later ook jou mond... dan raak dit een groot frustrasie en geveg! En nog iets wat ek gereeld "afspoel" is my lyf... ek hou van bad. En in die winter is 'n warm bad ekstra lekker maar die uitklim is ekstra sleg! En die water word so vinnig koud?! En dan as jy uiteindelik die moed bymekaar geskraap het om uit te klim dan is alles koud: die vloer, die lug, die slaapklere én die bed, waarin jy so vinnig as moontlik wil klim! O genade! Hoe is dit moontlik dat...