Les 2 van 2023
Eintlik is hierdie nie soseer 'n les, as 'n (ontstellende-hartseer) bevestiging, wat ek weer vandag in Ilanga Mall gekry het: mense voel 'n veer vir rolstoel gebruikers. Eerstens is albei die rolstoel parkeerareas naby die ingang gebruik, ek sien nie enige rolstoel plakkers op die voertuie nie, maar ons het ook nie een op ons s'n nie, so ek gee hul die voordeel van die twyfel. Gelukkig is ons almal daar met Dewald se "trok", so die rolstoel hoef nie eers opgevou te word nie, dit word net in-en uitgelaai deur die Pa, vir wie nie die rolstoel of die insittende (tans) te swaar is nie. Nét in die Mall besef mêdem sy wil toilet toe gaan, en as die besef kom is dit altyd nogal dringend, soos seker met meeste rolstoelgebruikers die geval. Hier gaan ons: op met die hysbak en by die toilette gekom is daar geen indikasie waar die rolstoel toilet is nie... ek besluit toe maar op die "Family toilet". Die deur is toe, maar nie gesluit nie, en met die Mall-geraas...