Plasings

Wys tans plasings vanaf Desember, 2020

Buite my visie...

Prent
Ek staan op die strand.   ń Skip op die oewer, sprei sy wit seile vir die oggendbries en vaar uit op die blou oseaan. Dis ń pragtige skip, en ń sterk skip. Ek staan en kyk daarna, vir ń wyle, hy hang soos ń spikkel, of wit wolk presies daar waar die see en lug met mekaar meng. Dan sê iemand langs my, "Daarsy, hy is weg..." Weg waarheen? Weg uit my visie. Dis al. Hy het steeds die massiewe mas, romp en boeg as wat dit gehad het toe dit van langs my weggevaar het.   En sy vermoëns is steeds net so uitmuntend: om sy vrag te dra na sy bepaalde hawe. Sy verdwene grootte is binne my, nie binne hom. En op daardie selfde oomblik, wanneer iemand aankondig. "Daarsy, hy is weg," is daar ander Oë wat hom sien aankom en ander Stemme wat gereed staan om in blydskap te juig, "Hier kom hy!" En dit is wat gebeur as mens sterf...   (Henry van Dyke se "Out of my sight" vry vertaal) Vanoggend... 8:11 is my Pa hemel toe. Van AL die dinge wat 2020 ons mee kon verras w...

Infark Emosies

Prent
"... But if you see me walkin' by And the tears are in my eyes Look away, baby, look away And if we meet on the streets someday And I don't know what to say Look away, baby, look away..." Terwyl ek terugry huis toe van ń paar uitdagende bo-lip byt ure saam Ma, nadat ons fikse, gesonde Pa Donderdagaand twee hartaanvalle gehad het, kom die oppervlakkige liefdesliedjie van Chicago by my op... En dís presies hoe my gedagtes tans werk, want die onsekerheid in mens se gedagtes meng met die geloof in jou siel en dan raak jy met rukke so VERSKRIKLIK hartseer oor Pa: wat aan 12 lyne gekoppel is en so rustig asem haal en wie se hart so sigbaar mooi klop deur die dun ICU laken. Ek het my hand op daardie hart gesit en hom voel klop en lewe in dit ingespreek en geloof en onafhanklikheid van masjiene, maar groot oë gekyk en gesien sy suurstofsaturasie is 99% en gehoor dat sy niere perfek werk, t.s.v. die lae bloeddruk wat hul met 3 verskillende medikasies probeer reguleer... en dan...