Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2016

As ñ blog té lank ñ "draft" bly...

Dan het jy lánkal vergeet wat jy wou geskryf het, so dan "publish" jy dit net... sonder verdere geskryf of proeflees... dis wat ek met die een gedoen het... Luk.18.16-17 (Nuwe Lewende Vertaling) "Jesus het egter die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom, en moet hulle nie keer nie, want dit is sulke mense wat deel het aan die koninkryk van God. Ek verseker julle, wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie aanvaar nie, sal nooit daar ingaan nie.” Ons almal ken die teks. En daar word seker nie so gereeld daaroor gepreek nie, behalwe seker aangehaal op ñ doop (of inseëning). Dis ook sekerlik nou nie een van die teksverse waaroor Teoloë ure sit & peins & verskillende betekenisse aan heg nie, maar ek het in die laaste tyd nogal baie daaroor gedink... "geloof soos ñ kind", is dit dalk in ñ ander vertaling of op ñ ander deel in die Woord. My een vriendin kuier ander dag by my & sê: "...daardie deel i...

Ons trok...

Prent
hou nie daarvan om op vakansie te gaan nie. Dit gee nie om om heen & weer in die Laeveld rond te ry of selfs te gaan 4x4 nie... maar dit hou nie van vakansie nie... korreksie!!! Ons trok hou nie daarvan om térug te kom van vakansie af nie... sodra ons gedraai het en oppad terug is, al doen ons dit teen dieselfde spoed, tempo en trant... dan wéét die trok dit en verander al die vakansievreugde- en energie in vakansie frustrasie en senuweeagtige-energie! Die eerste vakansie, waar die trok die spreekwoordelike spanner in sy eie wiel gegooi het, was in 2007... met ons Richtersveld vakansie. Dit was Desember... dit was warm en ons het te heerlik gekamp in De Hoop. "Living it rough": met koue storte - wel, dit was onuithoudbaar warm steeds teen 9uur die aand, omdat die Jo-Jo kan tot amper smeltpunt gebak het heeldag in die son... son wat my Crocs-sandale, wat onder die tent afdak gestaan het, gekrimp het (volgens Croc se website moet dit nie aan temperature bo 60°C onderwer...