Die arme Pa's...
So op die vooraand van Moedersdag 2015, met ñ heerlike vakansie agter die rug, sit en peins ek oor die mans en hulle verskriklike verantwoordelikhede en druk wat hulle, en die samelewing op hulle plaas. Skoonsus het ñ James Dobson praatjie bygewoon en van die oom het ek nog net slim goed gehoor so ek luister graag af... Maar soos mens ook nou al, as kind, met die speletjie "Telefoontjie" uitgevind het, kom die boodskap nooit reg of in detail en met klem op die regte plekke by jou uit nie. Die boodskap wat ek gekry het, is dat oom James sê, dat elke ou sy eie (dissipline) geveg het... m.a.w. daardie ding wat jy ten alle koste wil hê jou kind(ers) moet leer om te doen of nie te doen nie. En ek dink: dit ìs so... dinge uit ons eie kinderdae, wat in ons ingedril (ingeslaan, of soms uitgeslaan) is. Dinge wat ons onsself voorgeneem het ons anders gaan doen... en natuurlik ons eie klein fobies en "fetishes". (Elkeen van ons is mos mar met iets effens paranoid of OCD!) Di...