Plasings

26 November 2016 - &

Prent
Ek sit by jou afskeidsdiens, liewe Jaampies... met 'n pienk ballon, wat ek natuurlik opgeblaas en geknoop het. Ek is so spyt daaroor, want dis nou heeltyd in die pad... Maar ek kan nie anders om die simboliek van jou en my eie dogtertjie daarin te sien nie. As ander mense daarna kyk sien hulle net hierdie mooi, pienk ballon. Hulle dink aan partytjie en pret... hulle sien nie hoe "gestremd" nee "gerem" ek nou is, want ek het net een hand wat werk.  Ek kan nie hierdie fragiele ballon neersit op die gras nie, want dan bars dit... as ek dit op 'n stoel neersit waai dit weg en beland dit op die gras en dan bars dit ook. En dan word almal verontrief en ek wil tog so graag nie ander verontrief nie... Nou skuif ek maar die ballon van die een hand na die ander. Ek glimlag en dink dis so feestelik maar verwens dit saggies in my hart, die onvermoë wat dit in my lewe uitlig en my ongeduld wat duidelik en vinnig sigbaar word vir almal om te sien, teenoor hierdie pragtige...

die brawe vrou

Prent
Ek wil jul vertel van ń brawe vrou: ń vrou wie se geliefde dood is. Daardie vrou staan elke oggend op met ń bewustheid van die grootste verlies denkbaar. Soms het die bewustheid haar in die nag wakker gemaak met ń wrede droom, of soms met ń bittersoet een. Die bewustheid is soos ń swaar jas wat sy om haar dra: sommige dae is dit amper ondraaglik en swik sy onder die swaar en druk, maar ander dae: winter dae... is die jas meer draaglik en amper gemaklik, maar die drukking is steeds swaar en tap haar energie en daag haar elke dag geestelik, emosioneel en fisies uit. Die vrou se dae word aanmekaar geweef met verlang en heimwee op "gewone dae" en intense gemis op verjaarsdae, ń huweliksherdenking (dit was 45 jare, wat hul voor sy dood saam gevier het) en vakansiedae soos Kersfees. Hierdie is reeds die tweede Kersfees sonder hom, maar die eerste was so kort na sy heen gaan dat dit in ń waas van onwerklikheid verby gegaan het. Daardie vrou het Saterdag saam met haar jongste: die la...

Pa...

Prent
Ma, ek skryf vir jou 'n gedig sonder fênsie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net sommer 'n kaalvoet gedig - want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou Here God. jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam my breekwater teen die lewe ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie. Antjie Krog Pa, ek skryf vir jou 'n gedig sonder fênsie leestekens, al was jy nogal goed om te weet waar fênsie leestekens kort en astrand om dit ook nie te gebruik as jy rym nie. sonder woorde wat rym, anders as Pa se rymelary... sonder bywoorde net sommer 'n kaalvoet gedig, want my kaalvoete laat my altyd dink aan Pa se kaalvoete en hoe Pa geniet het om kaalvoet te loop totdat die "ouderdom" Pa gedwing het om Crocs te dra. Ek onthou hoe Ma Pa se voetroom ingepak het in die badsak...

Stertswaai lekker

Prent
Wat as mense ń stert gehad het... dis ń vreemde gedagte, né, maar hoor my uit... Ons het twee worshond babas gekry die 31ste Mei.  Ek weet nie of ander honde so opgewonde kan raak nie, maar hierdie twee kan en hulle sterte is waarmee hulle dit wys. Selfs as hulle lankal bedaar het en ophou krap en spring en knibbel (en piepie) het, dan waai daardie stert so, dat hulle steeds sukkel om reguit te loop. Nou wat as ons ń stert gehad het: iets wat so duidelik en eerlik vir ander sê wat in ons gemoed aangaan. Wat soms so op sy eie waai, om ons te herinner dat ons vir die persoon wat by ons is lief is.  Dat ons opgewonde is oor eenvoudige dinge soos ń bord kos of ń bietjie ekstra aandag.  Dit moet vreemd wees om so met jou hart op jou mou te loop, of jou stert op jou boud maar ook so bevrydend! Veral ons reuntjie, Tjommie kan glad nie sy stert beheer nie, dit ruk sy hele agterstewe heen-en-weer, dis vir my so oulik! Kan jy jou indink as jy so kop-onderstebo deur die Mall loop en...

Negatief of Positief...

Prent
“Jy moet potitief wees...” dis wat ek onthou my “bababoetie” altyd gesê het, omdat my Ma dit altyd gesê het: dat jy moet positief wees. Hoe ironies dat almal deesdae ‘n "positiewe toets" vrees. Dat dit jou gesondheidsstatus beskryf en dat almal wil negatief wees en nie meer positief nie. Ekself is defnitief ‘n positiewe mens, ‘n optimis... die teenoorgestelde daarvan sal dus seker negatief of 'n pessimis wees, alhoewel die pessimiste mos eerste is om te argumenteer dat hulle net realisties is, en nie pessimisties nie... Hierdie blog gaan oor my teorie van Positiwiteit vs. Negatiwiteit. Kyk, soveel mense wat daar op die aarde is soveel profiele en persoonlikheidstipes en evangelisasiestyle en dinge is daar. Die een het boompies – 4 van hulle en die ander het liefdestale – 5 van hulle en die ander het kwadrante en spirale... nie rêrig, maar miskien wel, want jy is mos nie net een nie, jy is gewoonlik 'n kombinasie van 2 of so en jy is meer dominant of gemaklik me...

Wys jou spuit...

Prent
Ek sit in die ry... vir my 1ste inenting... daai inenting ja. Dis Julie... ek het al in Maart die eerste keer geregistreer, en toe ek die Termes & Voorwaardes van die "Sisonke trial" lees, het ek die skakel net weer toegemaak... Toe het ek dit wéér oop gemaak, wéér gelees en wéér toe gemaak. My gedagte was: "...as ek deel is van ń "Medical trial", wil ek ten minste daarvoor betaal word, soos in Londen..." en selfs in Londen was ek te bang om dit te doen, vir goeie geld! Toe maak ek dit weer oop, merk daardie Termes en Voorwaardes blokkie, nadat ek dubbel seker gemaak het ek hoef geen monstertjies vir hulle te gee, ooit... as ek nie wil nie, en ek is geregistreer... en ek wag... Intussen bid ek... ek bid vir vrede, want ek doen niks sonder vrede nie en sover het ek nie vrede om die inenting te kry nie. Ek sien die radikale dinge wat gedeel word op sosiale media oor al die "sleg" van die inenting: "Doom & gloom" is die woord wat...

Die skewe skildery...

Prent
Dis die beeld wat ń wyse Universiteits-vriendin die week vir my gegee het, as vergelyking van hoe sy voel haar Pa se dood haar lewe beïnvloed het... "Dis soos ń skildery in een van jou kamers, wat skeef hang... en jy mag dit nie reguit skuif nie... dís hoe dit voel..." Nou kyk ek is nie die O.C.D.-tipe nie, maar ń skewe skildery pla steeds en as jy my Pa se kind is dan maak jy hom self reguit. En dís die probleem: jy kan dit nie reguit maak nie... jy kan nie eers iemand bel of laat kom om die skildery reguit te maak nie, want daardie skildery hang agter ń onbereikbare muur. Die muur van ewigheid... "Maar Abraham sê: ...buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en dié wat dáár is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.’ Lukas 16:25‭-‬26 (Afrikaans 1983 vertaling) Hierdie teks verwys nie na die skeiding van lewe en dood nie, maar dit is hoe dit vir my voel dit is... daardie groot kloof. Soms is m...