Die vreugde van (terug)gee!
Ironies genoeg is die spreekwoord mos: "Dis beter om te gee as om te ontvang", wel saam met die aanlyn bestellings wat deesdae al meer en gemakliker raak, het ek ook nou die vreugde ontdek om 'n item of items te kan terug gee. So in die internet-era kan ons nou daardie spreekwoord uitbrei na: "Dis beter om te gee as om te ontvang, maar dis nog beter om te kan teruggee as jy verkeerd ontvang het!" Haha! Dit het alles begin met 'n verkeerde Temu-bestelling. Ek was so opgewonde om die regte selfoonkassie vir Dewald se ou, maar steeds baie goeie, Samsung te kry, nadat dit 2x in Desember lelik geval het. Dat ek die kleur gekies het en nie opgelet het dat ek moet kies of dit 'n N10 of 'n N10plus is nie - die "default" is op die N10 (al het ek vir die N10plus gesoek), en toe kom die regte kleur maaer die verkeerde grootte hier by ons aan. Wat 'n teleurstelling! Verder het ek ook vir ons 'n gazebo bestel, ek het nogal gewonder waar steek h...