Dood gaan werk in kleure...
...ek bedoel... mens sien kleure wanneer een van jou geliefdes dood gaan, jy soek dit, asof die swart kleed van die dood, wat alle kleure absorbeer, die een in jou gedagtes meer beklemtoon. Toe my Pa dood gegaan het, was dit blou. Ek hou nie regtig van blou nie, maar dis asof die kern van my bestaan, wat diktee dat seuntjies "blou" is en dogtertjies "pienk", wakker word en die belangrikste "blou" in jou lewe uitlig en laat onthou. Ek onthou hoe ek die agtergrond van my Whatsapp opdaterings spésifiek blou gekies het, asof daardie dwing van die agtergrond kleur ook die lewe kon dwing om te verander en die nuus om goed te wees... om met die regte blou die kleur van sy oë te kon ego en dit so oop te hou en lewendig te hou. Ek het dieselfde beleef toe my vriendin se Pa hierdie week hemel toe is: selfs die rooi hartjie, wat 'n terug antwoord was op boodskappe, het sy blou gemaak: die groottes en die kleintjies, asof ook sy wou eer bring aan haar eerste lie...