Dertig jaar Matriekreünie
Dertig jaar! Soms voel dit of dit in 'n oogwink verby gevlieg het. Ek onthou nog die anti-klimaks van die laaste keer by Hoërskool Carletonville (Callies) se hekke uitstap, na my laaste matriek vraestel. Sonder enige fanfare of ballonne... was dit nou dit? Driehonderd en sestig maande! Van leer en studeer van liefde soek, dit vind en in detail ervaar, verloor en weer vind. Van besig wees en vakansie hou van ongelukke en seer en vreugdes en lééf! Eenduisend vyf honderd en sestig weke! Dit klink so lank soos 'n dubbel wiskunde periode by Mnr. Broodryk kon voel, of daardie drie Rek.klasse, na mekaar, by Juf. van Eeden óp 'n Vrydag nà tweede pouse! Tien duisend nege honderd en vyftig dae! Dis hoe lank ons nou al uit Matriek is! Dit voel soos die treë wat ons in Langstraat afgehardloop het, vir tannie Brecthie, wanneer ons moet fiks word vir atletiekseisoen. Of die letter-vir-letter spoedtoets tik, by juffrou Wheeler. Negentien-drie-en-negentig...1993... Die jaa...