Die skewe skildery...
Dis die beeld wat ń wyse Universiteits-vriendin die week vir my gegee het, as vergelyking van hoe sy voel haar Pa se dood haar lewe beïnvloed het... "Dis soos ń skildery in een van jou kamers, wat skeef hang... en jy mag dit nie reguit skuif nie... dís hoe dit voel..." Nou kyk ek is nie die O.C.D.-tipe nie, maar ń skewe skildery pla steeds en as jy my Pa se kind is dan maak jy hom self reguit. En dís die probleem: jy kan dit nie reguit maak nie... jy kan nie eers iemand bel of laat kom om die skildery reguit te maak nie, want daardie skildery hang agter ń onbereikbare muur. Die muur van ewigheid... "Maar Abraham sê: ...buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en dié wat dáár is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.’ Lukas 16:25-26 (Afrikaans 1983 vertaling) Hierdie teks verwys nie na die skeiding van lewe en dood nie, maar dit is hoe dit vir my voel dit is... daardie groot kloof. Soms is m...