Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2020

Hoekom is jou "hazards" aan?

Prent
hazard /ˈhazəd/ noun plural noun:  hazards 1. a danger or risk. Dit is die definisie wat "google" gee as ek intik wat is 'n "hazard", die vertaling daarvan is "gevaar"... Ek benader dit só, omdat ek nie weet wat mens daardie liggies wat albei jou flikkerligte aansit in afrikaans noem nie. In my kop is dit "waarskuwingsligte", wat steeds sin maak, want mens "waarsku" ander mos as daar "gevaar" is?  Ek wonder of die motorvervaardigers présies weet waarvoor hulle die "hazards" gemaak en ingesit het, en of daar al navorsing gedoen is waarvoor die "hazards" alles gebruik word deur die wêreld? Hiér in Suid-Afrika word dit gebruik wanneer jy 'n minibus ry en wil doen wat jy wil, dan kan jy jou "hazards" aansit en dan is dit aanvaarbaar om sommer-net te stop, op gevaarlike en vreemde plekke. Ook word dit gebruik wanneer iemand vir jou pad gemaak het en jy wil "dankie" sê... dan ook natuu...