Driehonderd-en-sestig grade...
Dis ń totale ommekeer... en wat ek die voorreg gehad het om in die afgelope week ń getuie van te mag wees. Ons lees ook daarvan in die Woord... van regte-egte mense en regte-egte situasies, maar as ń wonderwerk in jou vriendekring gebeur en ń gebed van 15+ jaar verhoor word, dan voel jy soos die Psalmskrywer vol vreugde en kan jy met meegevoel juig: "You have turned my mourning into dancing for me; You have taken off my sackcloth and clothed me with joy, That my soul may sing praise to You and not be silent. O Lord my God, I will give thanks to You forever." PSALMS 30:11-12 AMP "Forever"... vir altyd en altyd... ewigdurend. Dis ń konsep wat ons moeilik snap maar as daar een deel van ons lewens is waar dit ń werklikheid is, is tussen ń ouer en sy/haar kind. Vir ewig is jy my kind... vir ewig is ek jou Ma! En soos ń wyse vriendin prontuit sê: "dis maklik om te "broei", maar dis nie wat ouerskap is nie. Ouerskap is wat gebeur nádat die kind geb...