Plasings

Wys tans plasings vanaf September, 2017

'n Bietjie melancholie...

Prent
Gister was ek by ñ gedenkdiens... ñ "memorial"... van ñ 31jarige Pa van die pragtigste 3jarige meisiekind en Wederhelf van ñ mooie vrou. Hulle het mekaar gevind toe hul nog op skool was en "jonk getrou", toe sy maar 21 was. Hoe dankbaar is mens nie nou vir hulle part dat hulle wel het nie. Hulle het mekaar help "grootword" en gesien hoe die ander hom- en haarself soek én vind. Wanneer ek luister na die mens wat Eric was, die manier wat hy geleef het: voluit en intens... sonder om te kla, toe dinge moeilik begin raak het en sonder om te twyfel in sy God se goedheid en guns asook sy geloof, selfs waar ñ ander sñ sou faal... dan wonder mens... Wat sal mense van my sê? Leef ek voluit, intens en as die baken van geloof wat ek graag vir ander wil wees? Raak ek mense se lewens, omdat ek omgee en oplet en moeite maak? Wanneer mense sit en aan my dink en hoe ek met hul praat en hul kosbaar-menswees hanteer, sal hul spesiaal voel en my mis, omdat hulle daardie ...