* ñ Ope brief oor ons mooie Meisiekind...
Liewe Vriend... Dalk werk jy saam my of dalk is ons saam in die kerk. Dalk ken jy my al lankal en my "hele geskiedenis", maar het nog nie kans gehad (of gesien) om my te vra... oor Zelé nie. Van ons is saam in ñ Selgroep en ons deel elke week ons lief en leed en gebedsversoeke... jou kinders speel om haar maar nie noodwendig met haar nie, want soos jy, verstaan hulle ook nie... waarom sy nie ook opspring en saam hardloop nie... en dan is hul net kind en doen dit en vergeet van haar, wat steeds op die mat bly sit tussen die boeke... legkaarte en babas, wat nie kan sit en/of kruip of praat nie. Sy is skaam... dalk omdat sy ñ introvert, soos haar Pappa is, of dalk omdat sy jou onsekerheid, hoe om haar te "hanteer", aanvoel of dalk, en dis die swaarste vir my om te sluk, kry sy skaam omdat haar lyfie nie wil doen wat haar kop en hart sekerlik wil nie... Want sien... Zelé het Serebrale Palsie ("Cerebral Palsy"). Dalk het jy al die woord gehoor, of d...